Wednesday 8 June 2011

Phoebe...

Phoebe se rok het my n goeie 100 uur geneem... elke
minuut wat ek hier aan gewerk het moes ek neer skryf (college projek) van lap winkels besoek tot designs voorle.... was deel van hierdie opname...
Die oortrek van die bo-stuk met kant het my geduld getoets... en alles was n sukses !
Die rok het soos n handskoen gepas en haar figuur so mooi beklemtoon.


Hierdie was my eerste trourok... nog op College.... nie te bad as jy my vra vir n eerste probeer slag nie. Dankie vir Phoebe wat my die kans gegee het, nie baie bruide wat n student sal vertrou nie. Dankie Phoebe !! 

Friday 27 May 2011

Anine .....

Anine het my 'carte blanche' gegee met haar rok. Ek moes haar in n kort tydjie leer ken en opsom sodat ek haar droom rok kan laat realiseer. Sy is nou n klient wat elke ontwerper wil he ! Dankie Anine !!

Groot rede waarom ek ook so baie van Anine se rok hou is omdat ek kon speel met n ander kleur. (nie baie bruide laat dit toe nie) Maar hier kan mens sien dit is moontlik en lyk baie goed.  Die grys beklemtoon net so veel meer die lae en lae chiffon bo oor mekaar met die band wat die rok net so mooi afrond.
xxx